Ek soek die ouers van Johannes Bernardus Gebore 25/01/1915 in die George Distrk, Johannes Jacobus Gebore 13/04/1917 in die George Distrik En Jacomina Aletta Cornelia Elizabeth Gebore 02/02/1921. Hulle is adrie gebore in Groot Brakrivier en gedoop die N G Kerk Mosselbaai. Hulle Ouers was Hendrik Albertus (een van die kinders van Johannes Bernardus en Christina Magdalena Swart van Groot Brakrivier) en Francina Maria(Jonk/Jonck) Swart. Ek het geen datums tot my beskikking nie.
01/01/2010
Ek het nou uitgevind dat my Oupa Hendrik Albertus Swart gebore is in die Betlehem in die Vrystaat in 1895. My Oupa is oorlede op die ouderdom van 35 jaar op 11.05.1930 in Groot Brakrivier waar hy 'n skoenmaker was (Korrek), hy is oorlede aan Tuberculosis (korrek) in Groot Brakirvier (korrek). Ek weet sy moerder (my Ouma) was in die konsertasie kamp maar ek weet nie waar nie. Ek weet beslis sy moeder was Christina Magdalena en sy Vader was Johannes Bernardus (of Johannes Bernhardus) Swart en die gesin het op Groot Brakrivier gewoon. Hendrik Albertus is getroud met Francina Maria Jonck op 'n vroëe ouderdom in Groot Brakrivier.